Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het in ’n verklaring bevestig dat ’n brand Vrydagoggend (12 Augustus) by die Ou Meule-tehuis, wat deel is van Droom Riversdal, uitgebreek het. ’n 81-jarige man is weens die voorval dood.
“Voorlopige ondersoeke toon dat polisielede Vrydagoggend om 01:00 na die Ou Meule-tehuis in Kerkstraat, Riversdal, uitgestuur is,” het Pojie gesê. “Die plaaslike brandweer- en nooddienste het ook vinnig gereageer en 66 van die inwoners ontruim, waarvan drie met ’n ambulans hospitaal toe geneem is om vir rookinaseming behandel te word.”

Volgens Pojie is die oorledene een van die drie inwoners wat hospitaal toe geneem is. Hy is moontlik weens rookinaseming dood.
’n Lykskouing moet nog uitgevoer word om die presiese oorsaak van sy dood te bepaal, maar geen gemene spel word vermoed nie.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend, maar ’n geregtelike doodsondersoek is geopen vir verdere ondersoek ná die man se dood.
Volgens Droom Riversdal se webtuiste is Ou Meule-tehuis (Old Mill) in 1973 begin. Dit is die verswaktesorgeenheid van Droom Riversdal, wat 74 verswakte inwoners huisves.
Lees Droom Riversdal se verklaring hieronder:
PERSVERKLARING-DROOMBetsie van Noordwyk het op Facebook geskryf:
