22 vermeende aanhitsers van openbare geweld gedurende die Julie 2021-onluste het vandag in die Durbanse landdroshof verskyn. 21 vermeende aanhitsers is op borgtog van R3 000 elk vrygelaat, terwyl een in aanhouding bly.
AfriNuus het vroeër berig dat 20 mense vandeesweek in ses provinsies deur die Valke in hegtenis geneem is. Nog twee mense het vandag in die hof saam met die groep verskyn, nadat hulle vanoggend in hegtenis geneem is.
Die vermeende aanhitsers wat vandag in die beskuldigingsbank was, is almal tussen 29 en 49 jaar oud.
Jacob Zuma se dogter, Duduzile Zuma, is nie een van die vermeende opstokers nie. Lesetja Senona, woordvoerder van die Valke in KwaZulu-Natal, het egter bevestig dat Duduzile Zuma ondersoek word. Dit volg nadat advokaaat Glynnis Breytenbach, die DA se Skaduminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, ’n saak teen haar geopen het.
Duduzile Zuma het laasjaar die mense wat opgestaan het vir haar pa op sosiale media bedank.
Die vermeende aanhitsers staan tereg op aanklagte van sameswering om openbare geweld te pleeg, aanhitsing om openbare geweld te pleeg en brandstigting.
Daar word beweer dat die vermeende aanhitsers sosiale media-platforms gebruik het om openbare geweld aan te blaas, soos om winkelsentrums te plunder en plekke aan die brand te steek.
Nog arrestasies word verwag.
Die saak sal op 26 Augustus weer na die hof terugkeer.
’n Verklaring deur Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in KwaZulu-Natal (KZN), lui:
22 ALLEGED INSTIGATORS OF THE JULY 2021 PUBLIC VIOLENCE APPEAR IN COURT
Twenty-two people appeared in the Durban Magistrates’ Court today on charges of conspiracy to commit public violence, incitement to commit public violence and incitement to commit arson, relating to the acts of looting and public violence that took place in parts of KwaZulu-Natal during July 2021.
Bail was set at R3000 each, with the following conditions:
- not to post any information regarding the case on social media
- to inform the investigating officer should they wish to leave KZN
- to inform the investigating officer should they change their residential address and or their contact number.
The matter was remanded to 26 August 2022 for further investigations.