Rebecca Phalatse, woordvoerder van Landbank, sê dat die bank kennis geneem het van onlangse sosialemediaplasings van bewerings dat die bank en sy regsverteenwoordigers betrokke was by aggressiewe metodes om kliënte te likwideer wat hul leningterugbetalingsverpligtinge versuim het.
Dit volg nadat Landbank in die laaste paar weke ook onder die kollig gekom het na mediaberigte van bewerings dat die bank en sy regsverteenwoordigers betrokke was by “ongrondwetlike grondbesettings” of “grondgrype”.
“Landbank herhaal sy bevindinge van ’n ondersoek wat hy verlede maand onderneem het oor vorige media-eise van ’n soortgelyke aard, waar daar geen bewyse was om die bewerings te ondersteun dat die bank en/of sy regsverteenwoordigers onwettig of oneties opgetree het in enige geval waarby die bank betrokke was nie.”
“Landbank het hierdie bewerings in ’n baie ernstige lig geneem en het sedertdien ’n ondersoek onderneem om die feitelike korrektheid van die bewerings vas te stel, veral met betrekking tot die spesifieke voorval of saak waarna verwys is deur diegene wat hierdie bewerings gemaak het,” sê Phalatse.
Die beweerde voorval van grondgrype het in die Williston-Sutherland-gebied in die Noord-Kaap plaasgevind.
“Die bevindinge van die bank se ondersoek het bevestig dat daar geen bewyse is om die bewerings te ondersteun dat die bank onwettig of oneties opgetree het, of onvanpaste of onwettige praktyke ingestel het in hierdie spesifieke voorval wat na bewering in die Noord-Kaap plaasgevind het nie.”
Lees gerus die volledige verklarings deur Landbank hieronder:
Landbank reageer op bewerings van ’n ‘hardhandige benadering tot sy skuldinvorderingsprosesse’:
Debt-Recovery-Process-Media-enquiry0822-1Landbank reageer op bewerings van ‘grondgrype’:
Final-Media-Statement-Land-Grab-Claims-06-07-2022-1