’n 14-jarige leerder van die Laerskool Tina Falls in Qumbu in die Oos-Kaap kan moontlik haar arm verloor, nadat sy na bewering ’n Covid-19-inenting gekry het, berig SABC News.
Yamkela Seplan sê sy het laasjaar ’n groot knop op haar bo-arm ontwikkel nadat sy ingeënt is. Sy het sedertdien nie skool bygewoon nie.
Yonela Dekeda, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, het aan AfriNuus bevestig dat die departement bewus is van die voorval en dat dit die nodige “dringendheid kry wat dit verdien.”
“Die kind het behandeling van ’n span spesialisdokters en maatskaplike werkers van die Nelson Mandela Akademiese Hospitaal en Bedford Hospitaal in Mthatha ontvang. Bloedmonsters is vir verdere ontleding geneem om die oorsake van die inflammasie te bepaal. Die kind is intussen na die Frere-hospitaal in Oos-Londen verwys. Die resultate sal aan die familie gedeel word en die departement behandel die saak met dringendheid wat dit verdien,” het Dekeda gesê.
Lees meer hier.