Die Witzenberg-onderburgermeester, Felicity Klazen, het bevestig dat die onlangse dood van ’n bejaarde vrou by Huis Maudie Kriel “heeltemal onaanvaarbaar” is.
Sedert die verwoestende voorval het die GOOD-politieke party Huis Maudie Kriel besoek om die terrein te inspekteer waar diegene in beheer die party sy verbintenis gegee het om ten volle saam te werk met voortgesette ondersoeke.
“Hierdie ondersoeke sal hopelik ’n bietjie insig gee in wat gebeur het en ons verwag dat as daar gevind word dat iemand nalatig was, hulle met die volle mag van die wet tegemoet gekom sal word,” het Klazen gesê.
“Berigte het ook sedertdien na vore gekom dat die sentrum, wat deur die Wes-Kaapse regering onderskryf word, laas in 2018 geïnspekteer is,” voeg Klazen by.
AfriNuus het vroeër berig dat die bejaarde vrou, wat rolstoelgebonde was, glo deur personeel na buite vergesel was waar sy normaalweg ’n sigaret sou rook. Soos berigte lui, is sy daarna buite gelaat en eers Sondagoggend vroeg in die kouete gevind.
“Hierdie voorval is ’n skerp herinnering aan die stand van maatskaplike sorg in die samelewing en hoe dit ons lewens daagliks beïnvloed,” sê Klazen.
Die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) het bevestig dat dissiplinêre stappe teen die werknemers wat aan diens was met die voorval van stapel gestuur is, nadat die 81-jarige rolstoelgebonde vrou na bewering oornag buite die Maudie Kriel-tehuis in Ceres “vergeet is.”
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se ondersoek is ook aan die gang. Daar is egter nog geen verwikkelinge nie.