Waarskuwings is uitgereik nadat ’n splinternuwe ‘tamatiegriep’-virus in Indië opgespoor is wat ten minste 82 kinders met reuse rooi blase gelaat het.
Daily Mail UK berig dat 82 kinders onder die ouderdom vyf sedert Mei met tamatiekoors gediagnoseer is.
Daar word gevrees dat dié virus ’n nuwe variant van die hand-, voet- en mondsiekte kan wees.
Tamatiegriep, dikwels bekend as tamatiekoors, is ’n virussiekte wat blase veroorsaak wat soos tamaties lyk. Uitslag, velirritasie en dehidrasie is tekens van ’n besmette kind, wat blase oor die hele liggaam tot gevolg het.
Dokters sê dat dit baie aansteeklik is en dat die meeste pasiënte wat dit kry ook simptome soos hoë koors, intense gewrigspyn, moegheid en diarree ervaar.