Die Johannesburg-metropolisiediens (JMPD) het bevestig dat ’n dronk dame Vrydagmiddag in een van sy patrollievoertuie vasgejaag het.
Een motoris is in hegtenis geneem vir roekelose en nalatige bestuur, asook dronkbestuur.
Die voorval het op die N1 buite Midrand plaasgevind.
Luidens ooggetuies het die voorval reeds om 16:00 plaasgevind.
Haar alkoholvlak in ’n asemtoets was 0,94 mg per 1 000 ml wat oor die wettige alkoholperk van 0,24 mg per 1 000 ml is.

