Dit is nie nodig vir jou om in lang toue te staan om jou voertuiglisensie (hetsy vir jou motor, motorfiets, karavaan of sleepwa) te hernu nie. Nou kan jy jou voertuiglisensie in minder as 10 minute op WhatsApp hernu, te danke aan ’n vennootskap tussen Disky en Supa Quick!
Hier is alles wat jy móét weet:
Wat kos dit?
Jy sal die normale skyfhernuwingsfooi moet betaal, asook ’n diensfooi van R169 as jy dit by een van jou naaste Supa Quick-winkels wil gaan afhaal.
Suid-Afrika het tans 190 Supa Quick-winkels regoor die land.
Watter voertuiglisensies word alles gedek?
Alle soorte voertuiglisensies kan hernu word, insluitend dié vir motorfietse, motors, sleepwaens en karavane.
Wat is Disky?
Disky is ’n outomatiese boodskapdiens wat jou help om jou voertuiglisensieskyf deur middel van WhatsApp te hernu. Jou lisensieskyf word dan by jou naaste Supa Quick-winkel afgelewer vir maklike afhaal.
Hoe lank vat die proses?
Jy kan binne 10 minute jou voertuiglisensie op die kletsplatform hernu. Jou lisensieskyf sal binne 7 – 10 werksdae gereed wees om afgehaal te word.
Hoe werk dit?
Om die WhatsApp-diens te gebruik:
- Klik hier om na WhatsApp oorgeskakel te word.
- Druk op “SEND” in die WhatsApp-klets.
- Kies “Kwotasie”.
- Voltooi jou besonderhede.
- Aanvaar die kwotasie.
- Kies jou naaste Supa Quick vir afhaal en jy is klaar!
Motorlisensies moet elke jaar hernu word voordat dit verval. Selfs as jy na die vervaldatum hernu, sal jy steeds gepenaliseer word.
Betalings kan deur middel van Ozow-, Zapper- of Peach gemaak word.
Klik hier om meer te lees.
