Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit, sê dat die munisipaliteit se buitensporige tariefverhogings, kragonderbrekings, beurtkrag, rioolstortings en klagtes wat nie aangespreek word nie, nog ’n plaaslike onderneming gedwing om sy deure te sluit.
Sowat 169 personeellede gaan in die proses deur ’n ingenieursonderneming afgelê word. Hulle sal deel vorm van die 62% werkloses in Emfuleni (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark en Vereeniging).
“Die Vryheidsfront Plus het teen die 2022/23-begroting gestem waarin ’n kragverhoging van 8,6% goedgekeur is. ’n Laer tarief is voorgestel, maar die ANC-regering het daarteen gestem,” meen Senekal.
Die spesifieke onderneming betaal R100 000 meer vir dienste met die tariefverhogings vir water, krag, grondbelasting en sanitasie.
“Intussen moet die eienaars alles in hul vermoë doen om die krag aan te hou ten tyde van beurtkrag en kabeldiefstal, en toe hul krag verkeerdelik afgesny is,” sê Senekal
Volgens die party is hierdie geval een van vele waar ondernemings moes sluit of na naburige provinsies of streke verhuis het.