Ian Cameron, die Action Society-drukgroep se direkteur van veiligheid, het in ’n Twitter-plasing ’n video gedeel van ’n plaasaanval waar ’n dapper man terugbaklei het.
“Die held wat teruggeveg het, het Sondagaand (21 Augustus 2022) in Kameeldrift-Wes (in Pretoria) in sy werkswinkel by sy kleinhoewe gewerk toe drie verdagtes hom aangeval het.
“Daar word beweer dat hy daarin geslaag het om sy eie vuurwapen te gryp en terug te baklei teen die drie boewe,” sê Cameron.
Jy kan die video hieronder kyk: