Suid-Afrika se werkloosheidskoers het in die tweede kwartaal van 2022 met 0,6% van 34,5% tot 33,9% gedaal, vergeleke met die eerste kwartaal. Dit kom neer op 8 miljoen Suid-Afrikaners wat sonder werk sit.
Die uitgebreide werkloosheidskoers het met 1,4% tot 44,1% gedaal. Hierdie uitgebreide koers kom neer op 12,3 miljoen werklose Suid-Afrikaners.
Die werkloosheidsyfer onder swart bevolkingsgroepe staan op 37,8% en bly hoër as die nasionale gemiddelde en ander bevolkingsgroepe. Swartvroue is die kwesbaarste met ’n werkloosheidsyfer van 39,3%.
Loer gerus na meer statistieke hieronder:
Kyk gerus die bekendmaking hieronder: