’n Verdere 10 mense het vandag in die landdroshof in Durban verskyn op aanklagte van sameswering om openbare geweld te pleeg, aanhitsing om openbare geweld te pleeg en aanhitsing om brandstigting te pleeg. Die aanklagte hou verband met die plundering en openbare geweld wat in Julie 2021 in dele van KwaZulu-Natal plaasgevind het.
Dit bring die totale aantal mense wat tot dusver verskyn het, op 45 te staan.
Borgtog is vasgestel op R3000 elk, met die volgende voorwaardes:
- om geen inligting oor die saak op sosiale media te plaas nie;
- om die ondersoekbeampte in kennis te stel indien hulle KZN wil verlaat; en
- om die ondersoekbeampte in kennis te stel indien hulle hul woonadres en/of hul kontaknommer verander.
Die name van die tien beskuldigdes is:
- Dudu Eunice Gama-Kubeka (59)
- Nkululeko Zulu (40)
- Dumisani Ronald Mtshali (49)
- Bongani Joseph Mthembu (57)
- Belecia Nonhlanhla Zwane (48)
- Ayanda Khanyeza Magadulela (41)
- Vuyo Mayekiso (38)
- Bogadi Onica Maphisa (47)
- Bonginkosi Thomson Mkhalipi (47)
- Kevin Nkhololo (32)
Die saak is tot 30 November 2022 vir verdere ondersoek uitgestel.