Phophi Ramathuba, Limpopo se LUR vir gesondheid, slaan vure dood ná sy glo botweg vir ’n Zimbabwiese burger met ’n besoek aan die Bela Bela-hospitaal gesê het dat migrante van Zimbabwe groot druk op Limpopo se gesondheidsorgstelsel plaas.
Jy kan die video hieronder kyk.
Die Economic Freedom Fighters (EFF) het uitgevaar teen die LUR en ’n beroep gedoen op die premier om haar die trekpas te gee “vir haar onmenslike kommentaar teenoor ’n siek pasiënt.”
“Ramathuba, wie se wreedheid onthul dat sy haarself as ’n mediese dokter voordoen, is op video vasgevang terwyl sy ’n pasiënt botweg verneder en kruisondervra het wie ’n operasie moes ondergaan, omdat sy mediese sorg in Suid-Afrika ontvang het terwyl sy van Zimbabwe kom.
“Die haatlike opmerkings, in die oog van individue wat vir haar gelag het, openbaar ’n skokkende haat vir ’n medemens deur iemand wat die taak het om mense se lewens te beskerm en te red,” lui ’n verklaring deur die EFF.
Die DA in Limpopo het aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) geskryf oor die “onaanvaarbare optrede” van Phophi Ramathuba teenoor ‘n Zimbabwiese pasiënt.
Hierdie voorval is volgens die party net nog ‘n rede waarom sy afgedank moet word.
Lees meer hier:
Kyk gerus die video hier: