Die gelykheidshof het pas bevind dat die sing van die ‘Kill the Boer’-liedjie nie haatspraak is nie.
Regter Edwin Molahlehi het bevind dat daar geen bewyse is dat die liedjie direk geweld (soos plaasmoorde) aanhits nie.
AfriForum het die saak teen die EFF en sy leier voor die hof gebring. Die hof het die haatspraaksaak egter met koste van die hand gewys.
EFF-lede het na die hofuitspraak die liedjie buite die hof gesing.
AfriForum sê hy gaan aansoek doen vir verlof tot appèl ná die besluit van die hooggeregshof in Johannesburg om sy aansoek met koste van die hand te wys.
Jy kan die verklarings deur die partye hier lees: