Kolonel Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder in Gauteng, het bevestig dat een van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se vastevlerkvliegtuie vanmiddag om 14:30 by die Rand-lughawe in Germiston, Gauteng, neergestort het.
Aan boord was vyf passasiers en ‘n vlieënier. Al vyf passasiers het ongelukkig hul lewens verloor. Die vlieënier is kritiek beseer en is na ‘n nabygeleë hospitaal vir verdere mediese sorg geneem.
Owerhede is op die toneel om die oorsaak van die ongeluk vas te stel.
Die besonderhede van die oorledenes en beseerde vlieënier sal bekend gemaak word sodra hul naasbestaandes in kennis gestel is.
Lees ons opdatering hier: https://afrinuus.com/2022/08/meer-inligting-oor-die-sapd-vliegtuigongeluk-bekend/