Die finale verslag oor wat die dood van 21 jong mense by die Enyobeni-taverne in Oos-Londen veroorsaak het, sal Donderdag 31 Augustus bekend gemaak word.
’n Vergadering met familielede sal Donderdagoggend gehou word.
Terwyl forensiese ondersoeke aan die lig gebring het dat die oorledenes se bloed metanol bevat, is die vlakke eers bepaal om vas te stel of dit dodelik is.
eNCA berig dat die verslag Donderdagoggend om 09:00 aan familielede bekendgemaak sal word. Familielede is glo in ’n brief gevra om reëlings te tref en af te vat van werk, sodat die verslag aan hulle voorgelees kan word.
Die ouers is glo ook gevra om die doodsertifikate saam te bring, aangesien die oorsaak van dood verander sal word.