Die Durbanse streekhof het Njabulo Ncube tot agt jaar tronkstraf gevonnis ná sy skuldigbevinding aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal.
Tydens die openbare geweld en plundering wat verlede jaar in KwaZulu-Natal plaasgevind het, het Ncube en ’n groep ander by ’n winkel in die Umbilo-omgewing ingebreek en kruideniersware gesteel.
Hulle is in hegtenis geneem deur lede van die polisie wat daar verbygestap het.
“In die hof het Ncube toegegee dat hy geen middele gehad het om te vergoed vir die R27 000 skadevergoeding of om ’n boete te betaal,” sê Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in KZN. “Hy is dus dienooreenkomstig gevonnis.”