Sergio Isa dos Santos, DA-woordvoerder oor onderwys in Gauteng, versoek dat bewerings van die diefstal van R1,8 miljoen by die Ekurhuleni-skool vir Dowes dringend ondersoek word om te verseker dat die skool sonder verdere onderbrekings funksioneer.
“Daar word beweer dat die skoolhoof en die tesourier R1,8 miljoen uit die skool se bankrekening gesteel het,” het Isa dos Santos onthul. “Sou hierdie bewerings waar blyk te wees, moet hierdie twee beskuldigdes elke sent wat gesteel is terugbetaal en die mag van die gereg in die gesig staar.”
“Ons kinders moet nie ’n gebrek aan voldoende leerhulpbronne ly as gevolg van korrupte individue nie. Die onlangse berigte oor seksuele aanrandingsdade deur seuns teen meisieleerders is onwaar gevind.”
Hierdie inligting is tydens die DA se toesighoudende inspeksie by die skool vandag ontdek.
“Ons is teleurgesteld oor sommige van die skoolonderwysers wat na bewering verlede week die gewelddadige dade teen die skoolhoof en van die onderwysers aangehits het,” voeg Isa dos Santos by. “Ons is betroubaar ingelig dat van die ongelukkige onderwysers die leerders beïnvloed het om die skoolhoof aan te val en geweld by die skool aangehits het.”
Die DA sê dit beywer hom ten alle tye vir ’n voldoende en veilige leeromgewing.
“Ons eis dat die Gautengse Onderwysdepartement sy belofte moet nakom om ’n verslag van hul interne ondersoeke uit te reik oor wat gebeur het en te verseker dat diegene wat geïmpliseer is tot verantwoording geroep word en dat die wet sy gang neem om hierdie saak op te los.”
Die DA sal die vordering van die ondersoeke deur beide die SAPD en die departement monitor om te verseker dat die skuldiges verantwoordelik gehou word vir die diefstal van staatsfondse.
