Die Kabinet het aangekondig dat die huidige rybewyskaarte vervang sal word met een wat veiliger ontwerpskenmerke het. Die huidige rybewyskaartstelsel is sedert 1998 in werking.
Die Kabinet het Donderdag in ’n verklaring gesê die tegnologie het sedertdien ontwikkel en dat dit duur word om die huidige infrastruktuur in stand te hou.
“Die nuwe voorgestelde kaart sal die land se rybewyse op dieselfde vlak bring as ander lande, en ooreenstem met internasionale standaarde,” het die Kabinet gesê.
Fikile Mbalula, minister van vervoer, het in Februarie vanjaar aangekondig dat die departement beplan om vanaf Oktober 2023 ’n nuwe rybewyskaart in Suid-Afrika bekend te stel.
Minister Mbalula het tydens ’n media-inligtingsessie wat destyds gehou is, gesê die nuwe kaart sal ’n aantal sekuriteitverbeterings en internasionale erkenningstegnologieë bevat – wat beteken dat dit as ’n vorm van identifikasie gebruik kan word.
Hy het gesê dat die departement van vervoer na goedkeuring deur die kabinet ’n verkrygingsproses sal ondergaan, met die nuwe lisensiekaart wat na verwagting in Oktober 2023 geloods sal word.
Die Minister het gesê dat die huidige kaart oor ’n tydperk van vyf jaar uitgefaseer sal word, met die regering wat ook kyk na die verlenging van die hernuwingstydperk van die kaart van vyf tot tien jaar.
– SAnews.gov.za