Die Lenteseisoen skop af met goeie nuus vir motoriste: ’n Algehele afname in brandstofpryse vir September.
Die departement van minerale bronne en energie het pas die finale brandstofpryse aangekondig wat Woensdag, 7 Augustus 2022, in werking tree:
- 95- en 93-oktaan petrol: Daal met R2,04 per liter;
- 0,05%-swael-diesel: Daal met 56c per liter;
- 0,005%-swael-diesel: Daal met 46c per liter;
- Paraffien: Daal met 82c per liter; en
- LP-gas: Daal met R1,65 per kg.
Dit is hoe brandstofpryse vanaf Woensdag by die pompe sal lyk:
Aan die kus:
- 95-oktaan-petrol: R22,73 per liter;
- 93-oktaan-petrol: R22,30 per liter;
- 0,05%-swael-diesel: R22,31 per liter;
- 0,005%-swael-diesel: R23,52 per liter;
- Paraffien: R16,81 per liter.
- LP-gas: R31,46 per kg.
In Gauteng:
- 95-oktaan-petrol: R23,38 per liter;
- 93-oktaan-petrol: R22,95 per liter;
- 0,05%-swael-diesel: R23,96 per liter;
- 0,005%-swael-diesel: R24,16 per liter;
- Paraffien: R17,60 per liter.
- LP-gas: R33,88 per kg.
Dit is die grootste daling in brandstofpryse in bykans twee jaar.
Lees gerus die amptelike aankondiging hieronder:
Press-Release-02-Sept-2022-Change-07-Sept-2022