Die Raad vir die Regspraktyke (LPC) het ’n voorval by die Pretoriase kantoor bevestig waar ’n lid van die publiek die LPC-kantoor aan die brand gesteek het.
“Die LPC kan bevestig dat ’n groep van vyf lede van die publiek ons kantoor besoek het en met een van ons regsbeamptes vergader het. Dit blyk dat hulle na oorleg met die LPC-verteenwoordiger begin het om ’n personeellid aan te rand en die kantoor aan die brand te steek,” sê Johan van Staden, die Gauteng provinsiale direkteur van LPC.
“Die polisie het twee mense in hegtenis geneem op vermoede van brandstigting en aanranding. Ons kan ook bevestig dat die brand net een kantoor geraak het waarin ons met lede van die publiek konsulteer het,” voeg van Staden by.
Die LPC het aangedui dat daar geen ernstige beserings was nie en dat vier personeellede wat vir waarneming hospitaal toe gestuur is, ontslaan is.
Die LPC Gauteng-kantoor sal gesluit bly tot verdere kennisgewing en die polisie ondersoek die saak verder.