Kolonel Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder in Gauteng, het aan AfriNuus bevestig dat twee verdagtes vanoggend in hegtenis geneem is, nadat hulle na bewering ’n brand by die Raad vir die Regspraktyke se kantore in Pretoria gestig het.
“Die twee sal van brandstigting en opsetlike saakbeskadiging aangekla word,” sê Sello. ’n Polisie-ondersoek duur voort.
Die brand is na bewering om 08:00 vanoggend deur die twee persone gestig, wat later deur die metro se brandweerdienste geblus is.