Die Nasionale Minimumloonkommissie (NMW) nooi die publiek uit om skriftelike vertoë te rig ter voorbereiding van die aanpassings aan die nasionale minimumloon vir 2023.
Die Kommissie sal sy jaarverslag en aanbevelings oor moontlike aanpassing aan die nasionale minimumloon later in 2022 aan die Minister van Indiensneming en Arbeid bekendstel.
Voor die vrystelling van sy verslag en aanbevelings, nooi die Nasionale Minimumloonkommissie alle belanghebbende partye egter uit om skriftelike vertoë in te dien oor moontlike aanpassings aan die nasionale minimumloon.
Hierdie aanbevelings sal deur die Kommissie oorweeg word voordat dit sy jaarverslag en aanbevelings oor die jaarlikse hersiening van die nasionale minimumloon later in die jaar publiseer.
Hierdie skriftelike vertoë sal saam met die Kommissie se verslag aan die Minister van Indiensneming en Arbeid gestuur word – om te gebruik in die bepaling van die nuwe aanpassing.
Die huidige nasionale minimum loon wat Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, in Februarie aangekondig het, is met ingang van 1 Maart 2022 van R21,69 (vir 2021) na R23,19 (vir 2022) aangepas vir elke gewone uur wat gewerk word.
Die vertoë moet teen 1 Oktober 2022 per e-pos aan nmwreview@labour.gov.za gestuur word.
2 opmerkings
Landbou oor die algemeen kan dit nie bekostig nie. Nog meer werkers gaan moet af gelê word, ipv dat werk eerder geskep word weens miljoene mense werkloos is. Verslap arbeids regulasies en meer mense sal aan gestel word ipv af gelê word.
Indien loon verhogings hoog is gaan werkloosheid toeneem