Laerskool David Brink in Rustenburg het hul innige meegevoel aan die Cronjé-gesin en familie betuig met die afsterwe van Rayn Cronjé, ’n 7-jarige graad 1-leerder.
Cronjé is Saterdag 10 September in die vroeë oggendure aan ’n hartaanval oorlede.
“Brinkies dra julle op in ons gebede. Rus sag Rayn, ons gaan jou baie mis,” lui ’n verklaring deur die skool op Facebook.
Rayn Cronjé het vier ander boeties.
Sy roudiens sal Vrydag 16 September om 11:00 in die AGS Kerk op die hoek van Ridder- en Joubertstraat in Rustenburg plaasvind. Econo Begrafnis- en Verassingdienste het die inligting bevestig.
Die skool het die volgende foto’s op Facebook geplaas:
Wimpie Cronjé, Rayn se pa, het ook sy hartseer op Facebook gedeel:
4 opmerkings
Ons land is lankal bankrot gesteel.
Baie sterkte. Jesus met julle en mag hy julle krag gee om deur te kom.
Innige meegevoel aan diegesin. Die Here vertroos julle in hierdie moeilie tyd. In gebede dink ons aan julle.
Innige meegevoel aan die gesin. Die Here vertroos julle in hierdie moeilie tyd. In gebede dink ons aan julle.