Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, sê die departement het volle hulpbronne by Eskom gemobiliseer om te verseker dat die huidige beurtkrag-krisis opgelos word.
Die kragvoorsiener sukkel met beurtkrag en stadige terugkeer tot diens van opwekkingseenhede, wat daartoe gelei het dat die land na fase 6-beurtkrag gedompel is.
Dit is nou verminder na fase 5 nadat sommige eenhede weer in werking gestel is.
“Ons is bewus van die druk wat dit op huishoudings en besighede in die land plaas. Ons besef die feit dat beurtkrag ’n impak het op huishoudings [en] besighede, en die daaglikse lewens van Suid-Afrikaners ontwrig.
“Ons het die volle hulpbronne van ons spanne saam met Eskom gemobiliseer om hierdie onmiddellike uitdaging van beurtkrag die hoof te bied. Alle pogings is daarop gerig om megawatt terug te gee weens onbeplande onklaarrakings en beurtkrag,” het Gordhan gesê.
Hy het verduidelik dat die departement met Eskom vergader het om onmiddellike oplossings te implementeer om “te verseker dat die huidige opwekkingsvloot betroubare elektrisiteit aan die land verskaf”.
Volgens Gordhan het die nuwe nasionale energiekrisiskomitee (Necom) reeds besoeke aan kragstasies begin om die uitdagings wat Eskom in die gesig staar, te evalueer en oplossings te identifiseer.
“Hierdie inligting sal verder help met die implementering van die energie-aksies, soos aangekondig deur president Cyril Ramaphosa in Julie 2022, en die werk van die energiekrisiskomitee is reeds in ’n gevorderde stadium.”
President Cyril Ramaphosa sal na verwagting vandag met die Eskom-bestuur vergader.
3 opmerkings
Dank die Vader vir mense wat gaan help met die beurtkrag situasie!!!
Moord op sakeman en prokureur van Potgietersrus is SKOKKEND!
SUID AFRIKA IS Ñ GEMORS…..DANK SY DIE
A N C!!
Raak ontslae van al die unies sovere dit staats instellings beheld. Dan sal daar nie sabotasie en al die gemors wees nie.
werkers van eskom wat nie werk kan doen nie moet afgedank word. die nuwe deel wat moes installer word van Japan wat laat val is ,is n groot terug skag vir ons krag opwekking by Koeberg????????♀️????…dit is hlo n groot stuk toerusting wat in Japan gemaak is wat in 2 minute laat sak moet word en gesëel moet word….. is glo laat val….. stel bietjie ondersoek in? adb? lyk my die mense weet nie hoe om hulle werk te doen nie