Luitenant-kolonel Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, het aan AfriNUUS bevestig dat ‘n kameelperd Woensdagmiddag om 16:00 ‘n 25-jarige ma en haar 16 maande oue dogter by die Kuleni-wildplaas in Hluhluwe vertrap het.
Die kind het nie die voorval oorleef nie.
“Die kind is na die naaste mediese sentrum geneem waar sy gesterf het, en die ma is na die hospitaal gehaas vir mediese aandag. Sy is na bewering in ‘n kritieke toestand,” het Gwala gesê.
Volgens Gwala is hulle deur die kameelperd aangeval.
Die verklaring lui:
It is alleged that today at 16:00, the 25-year-old mother and her 16 month old child were at Kuleni Farm in Hluhluwe when they were trampled by a giraffe. The child was taken to a nearest doctor’s room where she died and the mother was rushed to hospital for medical attention. She is reported to be in a critical condition. The circumstances surrounding the incident are being investigated. An inquest docket has been opened for investigation at Hluhluwe SAPS.