Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het bevestig dat ’n 50-jarige vrou in ’n kritieke toestand is nadat sy Woensdagaand deur ’n seekoei by ’n oord in St Lucia, KwaZulu-Natal, aangeval is.
Die vrou, haar dogter en haar kêrel het in die swembad geswem, maar is weg terug na hul verblyf toe beurtkrag ingestel is.
Op pad na hul verblyf het hulle ‘n seekoei en sy baba teëgekom.
Die vrou is deur die seekoei gebyt en vertrap. Sy is op die toneel behandel en per helikopter na die hospitaal geneem.
Die dogter en haar kêrel het beserings geen beserings opgedoen nie.