AfriForum het klagtes teen die EFF-leier, Julius Malema, by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien vir aanhitsing van geweld en haatspraak.
Dit volg nadat Malema tydens ’n EFF-saamtrek in die Wes-Kaap gesê het dat “you [EFF supporters] must never be scared to kill” en dat “a revolution demands that at some point there must be killing, because the killing is part of a revolutionary act”.
AfriForum eis dat die SAMRK Malema se opmerkings ondersoek en dat hulle ’n kompromislose standpunt inneem en optree teen hierdie gewelddadige retoriek.
Kyk video hier: http://stopmalema.co.za
“Help ons om druk te plaas op die Menseregtekommissie om Julius Malema te ondersoek na aanleiding van die video waar hy sy volgelinge aanhits om geweld te pleeg,” sê die burgerregte-organisasie.