Die Departement van Gesondheid en Eskom het Donderdag bevestig dat die huidige aantal hospitale wat regoor die land van beurtkrag vrygestel is, van 37 tot 72 toegeneem het sedert die laaste openbare aankondiging deur dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, in September, terwyl meer pogings aangewend word om vrystelling van gesondheidsfasiliteite in provinsies soos die Noord-Kaap en Noordwes as ’n saak van dringendheid te bewerkstellig.
Die instellings ondersoek egter moontlike lasvermindering vir groter hospitale sowel as ander alternatiewe oplossings.
Die departement het ’n totaal van 212 prioriteitshospitale regoor die land aan Eskom verskaf wat oorweeg moet word vir moontlike uitsluiting van beurtkrag op ’n gefaseerde benadering, en 67% van hulle word direk deur munisipaliteite voorsien, terwyl Eskom aan die oorblywende 33% krag voorsien.
Die voorlopige netwerkontleding wat gedoen is, het aan die lig gebring dat 28 hospitale in verskeie provinsies van beurtkrag uitgesluit kan word deur nuwe infrastruktuur te bou teen die geraamde koste van R100 miljoen.
Die bygewerkte lys van vrygestelde fasiliteite per provinsies is soos volg: Oos-Kaap (7), Vrystaat (14), Gauteng (17), KZN (15), Limpopo (10), Mpumalanga (4), Wes-Kaap (4) Noord-Kaap (1), en Noordwes (0).