Vanmiddag is twee seuns dood en agt-en-vyftig ander kinders beseer toe ’n bus van die pad in Wedela, Carletonville, afgery het.
Russel Meiring, kommunikasiebeampte van ER24, het bevestig dat die nooddiens en verskeie ander dienste om 16h00 op die toneel aangekom het om te sien dat die bus omgeslaan het en ’n aantal van die pasiënte uitgestoot het.
Die area is afgesper terwyl medici die pasiënte versorg het.
By nadere ondersoek het medici gevind dat twee seuns, vermoedelik tussen 14 en 16 jaar oud, noodlottige beserings opgedoen het. Niks kon vir hulle gedoen word nie, en hulle is dood verklaar.
Op die beoordeling van die ander pasiënte het medici gevind dat ongeveer agt-en-vyftig ander kinders, tussen die ouderdomme van 12 en 18, ligte tot ernstige beserings opgedoen het. Die kinders is behandel, en die ernstig beseerdes is pyn-medikasie verskaf voordat hulle na nabygeleë hospitale vir verdere sorg vervoer is.
Die presiese besonderhede rondom hierdie voorval is onbekend, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.