Die situasie buite die Dutywa-poskantoor in die Oos-Kaap was gespanne waar talle mense vanaf 09:00 gyselaar gehou is.
eNCA het in ’n regstreekse beeldstroom berig dat nege persone wat gyselaar gehou is deur die verdagtes binne die gebou vrygelaat is.
Volgens Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, was daar twee rowers wat mense binne die poskantoor gyselaar gehou het.
Een persoon is in hegtenis geneem.
Die gyselaarsdrama het glo begin nadat ‘n rooftog misluk het.