Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het Vrydag by navraag aan AfriNUUS bevestig dat dit beoog om die geskorste Matie-student, Theuns du Toit, te vervolg.
Dit volg nadat ’n video op sosiale media versprei is van die 19-jarige student wat op ’n medestudent se rekenaar en besittings geürineer het en na bewering ’n rassistiese opmerking gemaak het.
Hy is uit die universiteit en koshuis geskors vir die ootreding van die dissiplinêre kode vir studente en het sedertdien aansoek gedoen om by Akademia sy graad klaar te maak.
“Ek kan bevestig dat die NVG besluit het dat du Toit vervolg moet word vir opsetlike saakbeskadiging en crimen injuria,” sê Ntabazalila. “Die NVG het egter opdrag gegee dat die ondersoek eers afgehandel moet word voordat die saak op die hofrol geplaas word.”
Crimen injuria is die opsetlike en ernstige aantasting van die waardigheid of privaatheid van ‘n ander persoon in die samelewing.
Kommentaar_studentaansoek_FINAAL-1