Sunil Brijmohan, ’n voormalige eThekwini-wyksraadslid, is Vrydagoggend in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

Die voorval is op beeldmateriaal vasgevang wat wyd op sosiale media versprei is.
Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat die voorval om 08:41 plaasgevind het.
“ʼn 46-jarige man het by Cato Crest in Amanzimtoti geloop toe hy deur twee onbekende verdagtes noodlottig op sy kop geskiet is. Die verdagtes het te voet van die toneel gevlug. Die motief vir die moord is onbekend. ’n Saak van moord is by die Amanzimtoti-polisiestasie vir ondersoek geopen.”