Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder in Gauteng, het Sondag aan AfriNUUS bevestig dat ’n Johannesburgse polisiesersant dood is nadat hy glo sy eie lewe op die parkeerterrein van die Soshanguve-polisiestasie geneem het.
Volgens Sello het die polisiesersant ’n onderonsie met sy meisie gehad. Toe sy meisie na die polisiestasie gaan om ’n saak aan te meld, het hy die meisie agtervolg en na bewering sy eie lewe geneem deur homself voor die polisiestasie te skiet.
’n Ondersoek is van stapel gestuur, maar die identiteit van die polisiesersant is nog nie bekend nie.