Die ANC in Limpopo het ’n beroep op drie voormalige presidente van Suid-Afrika gedoen om nie president Ramaphosa in die publiek aan te val nie.
In ’n verklaring sê die party dat hy met teleurstelling kennis geneem het van die optrede van oudpresidente Thabo Mbeki, Kgalema Motlanthe en Jacob Zuma.
Kgalema Motlanthe is ’n Suid-Afrikaanse politikus wat tussen 25 September 2008 en 9 Mei 2009 Suid-Afrika se derde president was ná Thabo Mbeki se bedanking. Daarna was hy tot 26 Mei 2014 adjunkpresident onder Jacob Zuma. Jacob Zuma was president van 2009 tot 2018. President Cyril Ramaphosa is sedert 2018 president van die land.
Lees meer hieronder: