Die polisie in Kanyamazane ondersoek ’n skietvoorval wat een lewe geëis en een in die hospitaal laat beland het.
Die skietvoorval het glo op Sondag, 23 Oktober 2022, om 09:00 by die Kanyamazane-winkelkompleks plaasgevind.
“Volgens die verslag is twee slagoffers met skietwonde ná die skietvoorval vir mediese behandeling by ’n plaaslike kliniek geneem,” sê kolonel Donald Mdhluli, provinsiale polisiewoordvoerder. “Een van die slagoffers is ongelukkig deur die mediese personeel by die kliniek dood verklaar, terwyl die ander slagoffer na die hospitaal oorgeplaas is vir verdere mediese sorg.”
Omstandighede rondom die noodlottige skietery word tans ondersoek. Geen arrestasie is nog gemaak nie en die polisie doen hul bes na aanleiding van die noodlottige skietery om die verdagtes vas te trek.
Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting wat kan help om die oortreder(s) in hierdie geval vas te trek om die Stopmisdaa-nommer by 08600 10111 te skakel.