VR Medical, FSEMS Rescue and LifeEMS was Sondagmiddag op die toneel van ’n botsing op die N1 suid van die Shell Ultra City-afrit in Bloemfontein.
Met aankoms het nooddiensspanne gevind dat ’n voertuig teen die rotswand aan die kant van die pad gebots het.
Die insittende van die voertuig het ernstige beserings opgedoen en is deur ’n gevorderde lewensondersteunende paramedikus versorg voordat hy in ’n kritieke toestand na die hospitaal gehaas is.