Toks van der Linde het Sondag glo op sosiale media bevestig dat hy ná 12 jaar as aanbieder van Toks & Tjops, die gewilde geselsprogram op kykNET, bedank. Die plasing is intussen verwyder.
Van der Linde het op sosiale media geskryf: “Ek het besluit to call it a day. 12 jaar was awesome maar laaste tyd het vertroue tussen my en LIEBIE verbrokkel. kykNET was amazing vir my. Dankie, dankie, dankie. So ek maak klaar met Toks en Tjops. So leer jy mense ken. Dankie vir almal se support oor 12 jaar. Baie lief vir almal van julle! Ou Tokka.”
Liebie Opperman is die vervaardiger van die geselsprogram.
Die oorspronklike plasing was as volg:
AfriNUUS het uitgereik na kykNET en Toks van der Linde vir meer inligting.