EFF-leier, Julius Malema, se prokureurs het aan NB Uitgewers geskryf en versoek dat Jacques Pauw se Our Poisoned Land-boek van winkelrakke verwyder word.
NB Uitgewers het geweier en gesê hulle volstaan by die skrywer en sy bronne.
Malema het verder geëis dat die uitgewer verskoning vra vir die “onwaar, ongeverifieerde en lasterlike” inhoud.
Meer as 210 000 kopieë van die boek is reeds verkoop.