Mantshwane Johanna Mabelane (40) is Dinsdag, 22 November 2022 deur die Emalahleni-landdroshof in aanhouding uitgehou nadat sy vlugtig in die hof verskyn het vir meer as R2,4 miljoen se bedrog.
Lede van Vosmas-polisiestasie het na bewering op 18 November 2022 om 13:00 inligting van Vosman-misdaadondersoekafdeling ontvang oor ’n verdagte wat vir R2,4 miljoen-bedrog by die KG-winkelsentrum Witbank in hegtenis geneem is. Die saak is oopgemaak en na die Valke se kommersiële misdaadondersoekspan in Middelburg oorgeplaas vir verdere ondersoek.
’n Voorlopige ondersoek van die Valke het ontdek dat die verdagte ’n bankbeampte van een van die banke in Mpumalanga was, dit het verder aan die lig gebring dat die verdagte die stelsel gemanipuleer en die persoonlike besonderhede van die bankkaarthouers of kliënte verander het sonder hul toestemming en die geld herlei het van niksvermoedende slagoffers in haar persoonlike bankrekeninge.
Sommige van die kliënte was geskok toe hulle die transaksies ontdek het waarvoor hulle nie toestemming gegee het nie. Die slagoffers het na die banke gegaan en die saak aangemeld. Interne ondersoeke is deur die bankondersoekspan gedoen, vandaar die arrestasie van die verdagte.
Die saak teen Mabelane is tot 1 Desember 2022 vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel. Die beskuldigde bly in aanhouding.
Die provinsiale hoof van die Valke, generaal-majoor, Zodwa Mokoena, is verheug oor die samewerking tussen die wetstoepassingsagentskappe in die provinsie. Sy het verder die ander slagoffers wat nog uitstaande is versoek om die saak by die naaste polisiestasie aan te meld.