Suid-Afrikaners kan nou die land se eerste COVID-19 digitale boek aflaai wat fokus op die regering se kommunikasiepogings tydens die pandemie. Die boek se naam is Fighting COVID-19 Through Communication- A South African Story.
Die e-boek, wat Vrydag amptelik deur die regeringskommunikasie-inligtingstelsel (GCIS) bekendgestel is, beklemtoon hoe kommunikasie ’n belangrike rol gespeel het in die stryd teen COVID-19, wat 102 000 lewens in Suid-Afrika geëis het.
In haar openingstoespraak het die direkteur-generaal van GCIS, Phumla Williams, gesê sy glo dat die e-boek getiteld, “Fighting COVID-19 through Communication: A South African Story”, ’n nalatenskap vir ander sal nalaat.
Williams het ook besin oor die foute en lesse wat geleer is terwyl regeringskommunikeerders onvermoeid gewerk het om die verspreiding van die koronavirus-uitbraak deur hul verslae te stop.
“Ek dink hierdie boek is geskiedenis in wording vir ons. Dit wys wat gewerk het en wat nie. Dit gaan ook ’n boek wees oor waar ons onsself op die skouer klop en sê: ‘Job well done’.”
William het haar dankbaarheid uitgespreek teenoor staatskommunikeerders wat altyd beskikbaar was om ’n helpende hand uit te reik om te verseker dat inligting na gemeenskappe deursyfer in ’n poging om lewens te red.
“Ons moes innoverend wees. Ons moes leer om hommeltuie in verafgeleë gebiede soos in die Noord-Kaap te gebruik om die boodskap te versprei,” onthou sy.
Die boek bestaan uit 115 bladsye.
Jy kan dit hieronder lees,
Fighting-COVID-19-Through-Communication-A-South-African-Story_finalhttps://bit.ly/FightingCOVID-19ThroughCommunication-ASouthAfricanStory
Jy kan dit ook hier aflaai,