Op Woensdag, 23 November 2022, het Felix Ndoti (40) in die Schweizer-Reneke-distrikshof verskyn op ’n aanklag van peutery met noodsaaklike infrastruktuur.
Die saak is tot Dinsdag, 29 November 2022 uitgestel vir ’n formele borgtogaansoek. Die beskuldigde sal ook op Maandag, 28 November 2022, in die Coligny-landdroshof verskyn op twee aanklagte van opsetlike saakbeskadiging en diefstal van toringbatterye.
Ndoti is in hegtenis geneem nadat hy in September 2018 in Schweizer-Reneke ongemagtigde toegang tot ’n Vodacom-toring gekry het en batterye gesteel het. Na deeglike ondersoeke deur die Provinsiale Georganiseerde Misdaadonderspoekspan in Noordwes, is die beskuldigde deur vingerafdrukke met die inbraak verbind.
Hy is verder verbind met die twee Coligny-voorvalle waarin hy na bewering by ’n toring ingebreek en batterye gesteel het. Hy is uiteindelik op Maandag, 21 November 2022, in Delareyville gearresteer.
Die Noordwes Provinsiale Kommissaris, Luitenant-Generaal Sello Kwena, het die Ondersoekspan geloof vir die inhegtenisneming van die verdagte en het daarop gewys dat die arrestasie as ’n waarskuwing sal dien dat diegene wat noodsaaklike infrastruktuur vernietig, aangekeer sal word.