Brigadier Jay Naicker, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, het aan AfriNUUS bevestig dat die Nongoma SAPD ’n skietery ondersoek wat Donderdagaand plaasgevind het.
“Daar word beweer dat twee mense van 63 en 33 jaar Donderdag om 18:00 by Nongoma doodgeskiet is. Die omstandighede rondom die voorval en die motief is nog onbekend.”
Dit is bevestig dat die Zoeloeprins Mbongiseni Milton Muntukaphiwana, ’n vennoot van koning Misuzulu, en sy lyfwag, doodgeskiet is.
Hy is op die toneel dood terwyl sy lyfwag met aankoms in een van die hospitale in Nongoma gesterf het.
Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek twee aanklagte van moord.