AfriNUUS kan bevestig dat president Cyril Ramaphosa oorweeg om as die president van die land en leier van die ANC te bedank. AfriNUUS het met ’n betroubare bron gesels wat bevestig het dat Ramaphosa tans in gesprekke is oor die pad vorentoe.
IOL berig dat Ramaphosa sy kabinet ingelig het dat dit die laaste keer is dat hy met hulle sal vergader.
Hy spreek verder die land later vanaand toe, waar hy na verwagting die aankondiging sal maak.
Hy sal na verwagting eers met die kabinet vergader voor hy die land toespreek.
Dit volg nadat politieke partye en selfs ministers in sy kabinet sy bedanking geëis het. Ramaphosa het vroeër bevestig dat hy opsy sal staan indien hy skuldig bevind word aan die oortreding van enige wette.
’n Onafhanklike paneel van kundiges het gister ’n verslag bekendgestel wat bevestig het dat Ramaphosa vier wette oortree het. Ramaphosa het die bewerings ontken.
Wat gebeur as Ramaphosa vanaand bedank?
Dit beteken dat adjunkpresident David Mabuza sal intree as waarnemende president totdat daar vir ’n nuwe president gestem word.
Die DA het ’n vroeë verkiesing versoek, wat ingevolge die Grondwet, deur parlementêre prosesse moontlik is.
Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, het vroeër aan die 702-radiostasie gesê dat Ramaphosa die nasie later vandag sal toespreek.
AfriNUUS verneem verder dat Ramaphosa sy opsies oorweeg.
Die Nasionale Uitvoerende Raad (NUK) sal nou eers Vrydag vergader. Die raad sou oorspronklik Donderdag om 19:00 vergader het.
Die tyd vir Ramaphosa se aankondiging is nog nie bevestig nie, maar dit sal binnekort gekommunikeer word.
Ramaphosa was die voorsitter van die Afrika-unie tussen 2020 en 2021, Adjunkpresident van Suid-Afrika tussen 2014 en 2018 en President van Suid-Afrika sedert 2018.
David Dabede “DD” Mabuza is ‘n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert Februarie 2018 Adjunkpresident van Suid-Afrika en sedert Desember 2017 Adjunkpresident van die ANC is.
Hou AfriNUUS dop vir die jongste nuus hieroor.
Lees ook: