Vincent Magwenya, president Cyril Ramaphosa se woordvoerder, het verskoning gevra dat hy vroeër vandag bevestig het dat president Cyril Ramaphosa vanaand die land sal toespreek.
Magwenya het bevestig dat Ramaphosa steeds met partye konsulteer voordat hy met die land praat of ‘n amptelike aankondiging oor die pad vorentoe sal maak.
Magwenya het bevestig dat Ramaphosa wel sy opsies oorweeg.
“Ramaphosa kosulteer met ‘n aantal rolspelers. Hy besluit oor wat die beste vir die land is. Hy sal eers advies inwin voordat hy met die land praat,” sê Magwenya.
AfriNUUS, en talle ander nuusdienste, het berig dat Ramaphosa na verwagting sal bedank.
Jy kan die toespraak hieronder kyk:
Lees ook: