Verskeie strande al langs die Tuinroete is heropen ná ’n kleinskaalse oliestorting vroeër dié week. Teeragtige balletjies het op plaaslike strande uitgespoel, wat talle strande ontoeganklik verklaar het.
Na die sluiting van Mosselbaaise strande word opruimingsaksies egter voortgesit.
Die olie is hoofsaaklik op strande in die Mosselbaai-gebied gevind.
’n Vlagstelsel is geïmplementeer wat die status op die besmette strande aandui.
Groen dui ’n strand aan wat skoongemaak is en geskik is vir publieke toegang. Oranje het dui aan dat die strand wel besoedel is en dat skoonmaakprosedures uitgevoer word, terwyl rooi beteken dat die strand hoogs besmet is en ’n verbode sone is totdat dit skoongemaak is.
Vier uit die vyf Blouvlagstrande is sedert gister, 30 November, groen verklaar.

Blouvlagstrande:
- Santos – Groen
- De Bakke – Groen
- Hartenbos Platform – Groen
- Klein Brak – Groen
- Glentana – Groen
Res van die strande wat van wes na oos beweeg (uitgesluit die bogenoemde strande):
- Kanon – Oranje
- Fransmanshoek – Oranje
- Vleesbaai – Oranje
- Boggomsbaai – Oranje
- Danabaai – Rooi
- Punt – Groen
- Diaz – Groen
- Twee Kuilen – Oranje
- Bayview – Oranje
- Hartenbos Main – Oranje
- Hartenbos riviermond – Oranje
- Reebok – Rooi
- Tergniet – Rooi
- Suiderkruis – Oranje
- Herham – Oranje
- Outeniquastrand – Oranje
Skoonmaakspanne werk van Diaz na Hartenbos en van Glentana na Hartenbos.
