Volkswagen Polo’s word gelys as die nommer 1-voertuig wat in noodlottige verkeersbotsings betrokke is, het JP Smith van die Stad Kaapstad gesê.
Gevolg deur Toyota Hilux, Toyota Quantum, Toyota Corolla, Isuzu KB-reeks, Volkswagen Golf, Ford Ranger en in die 8ste plek die BMW 3-reeks.
Dit is volgens ‘n vorige verslag deur die Padverkeersbestuurskorporasie.
Alkohol speel ‘n groot rol in voertuigongelukke, met reeds 45 persone wat die afgelope paar dae in hegtenis geneem is vir bestuur terwyl hulle onder die invloed was.