‘n Motoris wat in ‘n BMW op die N2 naby King Shaka Internasionale Lughawe in KwaZulu-Natal gery het, het geringe beserings opgedoen.
Paul Herbst, woordvoerder van Medi Response, het Donderdag in ‘n verklaring gesê paramedici het die toneel bygewoon.
“Met swaar reën wat nou val, met die ergste wat nog verwag word om te kom, doen ons ‘n beroep op motoriste om stadiger te ry, ligte aan te skakel en ‘n groter volgafstand te hou,” het IPSS Medical Reponse gesê.
“Ons het reeds ‘n ernstige ongeluk op die N2 bygewoon, met ‘n insittende wat gelukkig is om nie enige ernstige beserings op te doen nie.”

