Drie raadslede van SA Toerisme (SAT) het bedank ná kritiek oor die Tottenham Hotspur-borgskapooreenkoms.
Enver Duminy, Ravi Nadasen en Rosemary Anderson het hul bedankings vandag ingedien wat onmiddellik van krag is.
AfriNUUS het vroeër berig dat die omstrede R1 miljard transaksie aan ‘n Engelse Premierligaspan nie deur Ramaphosa regverdig is nie.
Die parlement sal antwoorde van SA Toerisme (SAT) eis oor die R1 miljard se Tottenham-transaksie ná druk van die Demokratiese Alliansie (DA).
Daar word deur die DA beweer dat ’n tussentydse finansiële hoof bande het met die agentskap wat geld met hierdie transaksie sou maak.