Drie verdagtes is Donderdag in hegtenis geneem vir die besit van R83 000 in vervalste geld en vir die handel in diamante in Phahameng, Bloemfontein.
Die SAPD het tydens ‘n klopjag op ‘n eiendom toegeslaan, ‘n voertuig met drie insittendes opgemerk en ‘n soektog gedoen.
Die polisie het vervalste banknote in die voertuig gevind.
Hulle het ook twee (2) klippe gevind wat identifiseerbaar is as edelmetale – diamante.
Die drie (3) verdagtes is toe in hegtenis geneem vir die beweerde besit van vervalste geld en handel in diamante.
Die vervalste note is gemaak om ongeveer R83 000 na te boots.
Die verdagtes van 29, 31 en 79 sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.
